Western Breeze
- Western Breeze
- Telephone: +27 82 434 2108
- Fax: +27 13 262 2181
- Mobile: +27 82 434 2108
- Email: clerance @ telkomsa.net
- Website: http://www.thewesternbreeze.com
- GPS: S 25 09.479 E 029 32.017
Read more (Show me more info)
Die prag wildsplaas beslaan 350 hektaar ongerepte bosveld en sluit vlakte en berg wereld in. Jy kan met jou 4 × 4 voertuig tot bo op die ongetemde berge ry met n paadjie wat met die hand in sement teen die steiltes uitgele is. Bo-op die berg sien jy o.a. die elande, koedoes, rooiribbokke en klipspringers wegkruipertjie speel tussen die alwyne en die pragtige uitsig is onbeperk van die hele Groblersdal vallei, verby Loskopdam tot by die oneindige horisonne. Kom jy weer aan die voet van die berge geniet jy die zebras, rooihartbeeste, waterbokke, rooibokke en blouwildebeeste wat die skuiling van die bome verkies. Die pragtige inheemse bome op die plaas sal die leek en kenner laat tuis voel. Voelkykers kan gerus hul verkykers inpak om die verskeidenheid voels te geniet – van die bekende Piet-my-vrou wie se roep weergalm in die hange tot die pragtige blou visvangertjie wat heeldag roep. As jy gelukkig is kan jy met n nagrit die bruin hiena raakloop of kry n koue rilling wat by jou ruggraat afloop as jy besef die luiperd hou jou al lankal dop!
Keer jy terug na die pragtige fasiliteite waar jy jou kop kan neerle of afkoel in die swembad, kan jy kies tussen die Maroela Lodge wat 8 slaapplekke het, 3 luukse tente met slaapplek vir 2 elk of die River Lodge wat slaapplek vir 6 bied. Die bobbejaan trop gesels agter teen die berghange as jy na Die Boslapa loop wat n volledige kombuis bied met n kuierplek vir meer as 20 mense, n ingeboude braai, n gaste toilet, darts, tafeltennis en n vuurring naby die swembad wat vir braai gebruik kan word of net n lekker gesellige vuur in die aand.
Vir die avontuursoeker wat wil terugkeer na die ongekunstelde natuur is daar nes geskrop vir kamp waentjies. Voel asof jy weer terug is in Botswana en stort onder jou selfgemaakte stort terwyl die zebras loer of gebruik die “longdrop” vir die meer privaat oomblikke.
Daar is meer as 15 km se staproetes op die plaas wat jou toegang gee tot n een tot een ervaring met die fauna en flora. n Veldgids is beskikbaar om bome, voels en diere te identifiseer vir die beginner stapper. Voel jy lus om die plaas te perd te verken, is dit tot jou beskikking. Hier raak jy deel van die natuur en word jy weer mens!